
Oorgange en voortgange is 'n bundel oorspronklike navorsingsartikels saamgestel as huldiging van prof. Heinrich Ohlhoff. Hy was sedert 1966 in verskeie hoedanighede verbonde aan die Universiteit van Pretoria. Hy is 'n gerekende kenner van die Afrikaanse poësie, maar ook ewe tuis op die terreine van die Afrikaanse taalkunde, Algemene Literatuurwetenskap, Goties en Kultuurteorie. As filoloog het sy navorsing gekonsentreer op Middeleeuse Europese kultuur, Renaissance studie en sewentiende-eeuse Nederlandse letterkunde. Hy is op al hierdie vakterreine 'n wandelende ensiklopedie.
Elkeen van die bydraers tot die bundel het 'n persoonlike verhouding met Heinrich Ohlhoff, as voormalige studente of vakkollegas. Van sy oudstudente het hom die eerste keer in hul voorgraadse klasse meegemaak, sommige het hom later as begeleier vir hul nagraadse studie gekies, in sigself klinkende getuienis van hul vertroue. Die studies wat hier opgeneem is, handel oor die Middeleeuse Nederlandse letterkunde, die Afrikaanse biografie, Afrikaanse mondelinge oordrag, akademiese geletterdheid, die leksikologie en veral die Afrikaanse prosa en poësie. Hierdie vakverskeidenheid is toepaslik omdat Heinrich Ohlhoff op al hierdie terreine met gemak kan saampraat.
Hein Willemse ? Woord vooraf
S.S. Thembekwayo ? Meputso ya mediro / The pride of your labour
C.H.F. Ohlhoff ? Ure, dae, maande, jare: die oorgange en voortgange van 'n akademiese lewe
Terrence Carney ? 'Het doet emmer toverie': 'n forensiese ondersoek na die (on)waarskynlikheid van nekromansie in Die Hexe
Jacomien van Niekerk ? Verstedeliking: vergelyking tussen Suid-Afrikaanse letterkundes en die kultuurteks
Amanda Lourens ? Die uitbou van 'n eens marginale tradisie: Marlise Joubert se gebruik van vroulike taal
Neil Cochrane ? Ondermyning van normatiwiteitsdimensies in die poësie van Loftus Marais: 'n queer-teoretiese beskouing
Erika Lemmer ? 'An entangled bank': evolusionêre patrone in die Winterbachtweeluik klaaglied vir Koos en erf
Neil van Heerden en Andries Visagie ? Twee dieregestaltes by N.P. van Wyk Louw: Raka en 'Die swart luiperd'
Annette Jordaan ? Die 'moeilike reis': die skryf van 'n lewensverhaal oor 'n kontroversiële broer
Nerina Bosman ? Eenders en anders: die leksikons van Afrikaans en Nederlands in die een-en-twintigste eeu ? 'n loodsstudie
Adelia Carstens ? Geletterdheidsnarratiewe as spieël van die motiveringsrolle van betekenisvolle andere
Hein Willemse ? 'Om weer mens te word': identiteit, onreg, skuld en restitusie in die RSG-vertelreeks Almal het 'n storie
Supplementary material available for this title includes:
All source material (excluding figures and tables) has been supplied in an editable format (Microsoft Office) and you can fully customise it to your needs.
Please click on the link below to access the Lecturer Support Material (LSM) portal:
LSM Portal
If this is the first time you access Van Schaik Publishers LSM, you will need to register and set up a profile. Once your registration has been approved you will be sent an email and will then be able to request access to the resources you need for a particular book. You will also be able to request access to the resources of additional books using your profile.
We welcome any suggestions regarding new or additional resources. For any queries or feedback please contact our digital publisher at lsm@vanschaiknet.com. The material available varies from book to book and may also be developed further over time.
If you are uncertain about the registration and access request procedures, please download the LSM Manual.
LSM Manual
Lecturer Support Material is available free to lecturers who lecture on courses where the book is prescribed but samples are also available should you wish to review what is available as part of your prescribed book selection process. Please contact your Marketer for access to the sample LSM.
Student requests for LSM will not be entertained and any attempts by students to access lecturer support material will be reported to a student’s lecturer or to the Head of Department.