
In haar ‘transformasie-trilogie’ bestaande uit Country of My Skull (1998), A Change of Tongue (2003) en Begging to be Black (2009) artikuleer Antjie Krog haar kritiek op en weerstand teen bepaalde opvattings van Westerse moderniteit. Die nagevolge van kolonialisme in Suid-Afrika in die vorm van apartheid, en die modernistiese skepping van ‘ras’ word as problematiese konsepte hanteer en Krog onderneem soektogte na ’n alternatiewe manier van wees in Suid-Afrika. Jacomien van Niekerk karteer in ‘baie worde’: Identiteit en transformasie by Antjie Krog die argumente wat in die loop van die trilogie opgebou word rondom die nou-vervlegte konsepte van kolonialisme/postkolonialisme, ‘ras’, identiteit, ’n Afrika-wêreldbeeld’ en die Suid-Afrikaanse nasie—en maak as sodanig ’n bydrae tot aktuele diskoerse.
Hoofstuk 1: Inleiding – Die
transformasie-trilogie
Hoofstuk 2: Postkoloniale wording
Hoofstuk 3: Krog se verkenning van ’n ‘Afrika-wereldbeeld’
Hoofstuk 4: ‘Ras’ en medepligtigheid
Hoofstuk 5: Om te hoort – nasie en
identiteit
Hoofstuk 6: Slot – Die onbepaalde self
Geraadpleegde bronne
Register
‘baie worde’: Identiteit en transformasie
by Antjie Krog deur Jacomien van Niekerk. Uitgewer: Van Schaik. Prys: R159.
Die digter Antjie Krog is enige dosent se droom in ’n kursus oor die feminisme. ’n Mens kan volledige vrouwees karteer aan die hand van haar gedigte.
Krog as openbare figuur en politieke kommentator lok dikwels reaksie uit. Sy is duidelik ’n persoon met ’n gewete en in haar transformasie-trilogie, Country of My Skull (1998), A Change of Tongue (2003) en Begging to Be Black (2009), neem Krog standpunt in oor kolonialisme, onderdrukking en hoe ons binne ’n Westerse samelewing (in Afrika) reageer teen die Ander. Jacomien van Niekerk se boek kyk dan na kolonialisme/postkolonialisme, “ras”, “identiteit” in Afrika en sy lewer inderdaad ’n bydrae tot die komplekse en aktuele diskoers.
Oor Krog het literatore soos Willie Burger, Anthea Garman, Helize van Vuuren, Louise Viljoen, Johan Jacobs en vele ander geskryf. Sy bly ’n fassinerende subjek en ook digters reageer op haar werk in die vorm van palinodes en teensange; nes sy op haar beurt weer reageer op Eybers, Sexton, Erica Jong, Plath, e.a.
Krog is omstrede. Haar onlangse uitsprake oor armoede en die verdeling van rykdom het ’n debat ontlok. Met Krog is die eerlikheid en direktheid nieonderhandelbaar.
Die titel “baie worde” verwys na ’n gedig uit Kleur kom nooit alleen nie (2000):
“boot”
nie van wees nie
maar van word
baie worde
verby verlore en ontheemde ruimtes
baie baie worde
En dit som die studie perfek op: die baie worde; die baie selwe en belewenisse. Die private versus die openbare; die digter as pryssanger, as vertaler – die ander tongval, die oopskryf van Afrika, die digter as gewete van die volk. Worde aktiveer ook baie woorde . . .
Jakes Gerwel het haar beskou as ’n Afrika-intellektueel en die onverkwiklike debakel rondom Met woorde soos met kerse (2002) het veelal bewys dat sy dit is: die tekste wat sy vertaal en teruggee, aktiveer ’n Afrika-kollektief. (Hieroor het Helize van Vuuren insigryk geskryf in haar studie A Necklace of Springbok Ears, by SunMedia uitgegee, waar sy wys hoe vér die Boesman-gesprek teruggaan in Afrikaans en Stephen Watson se aanklagte verkeerd bewys.)
Met Van Niekerk se boek word die gesprek voortgesit. Vir my is
Krog se drieluik minder as haar digkuns. Sy is myns insiens dikwels te
emosioneel, maar terselfdertyd is my standpunt: dit wat die digter laat gedigte
skryf, moet ons eer. En haar belangrike posisie kan nie ontken word nie.
Van Niekerk meen dat dit inkorrek is om Deleuze en Guattari van Eurosentrisme te beskuldig (38). Nou as kenner van hul werk wonder ek hoe sy so ’n stellige uitspraak kan maak as sy self in ’n voetnoot op bladsy 26 erken dat sy op ’n artikel van Willem Anker steun en “geen aanspraak maak op volledigheid nie”!
Die nomaad/risoom word binne ’n ander konteks gebruik en hierom het Spivak juis hierdie kritiek geopper.
Krog se gebruik van terme soos mineurwording, die nomaad, en dies meer, moet myns insiens eerder as ’n kreatiewe reaksie as ’n filosofiese besinning gesien word. Dieselfde geld wanneer sy Adorno aanhaal in Country of My Skull dat daar geen poësie moontlik is nie ná Auschwitz. Digters as skrywers van niefiksionele tekste (faksie) reageer eerder kreatief en nie wetenskaplik nie.
Deleuze en Guattari se skisoanalise is direk gerig teen Lacaniaanse denke wat Eurosentries begrond is. Wanneer sy egter oor prysliedere skryf, die invloed van Desmond Tutu op Krog se denke, Krog as imbongi, en die kompleksiteite van Afrika ondersoek, is sy op vaster voet.
Vir die hedendaagse gesprek oor ubuntu, witheid en dekolonisering
is hierdie boek wel tersaaklik en aan te beveel. Oruka, die Afrika-filosoof, se
werk en die besoek aan koning Moshoeshoe se graf, is openbarend. Die hele
studie weergalm met die subteks hoe wit en swart verskillend na die wêreld kyk.
- Joan Hambidge is professor in
Afrikaans en kreatiewe skryfwerk aan die UK.
Disclaimer - University of Cape Town This
e-mail is subject to UCT policies and e-mail disclaimer published on our
website at http://www.uct.ac.za/about/policies/emaildisclaimer/
or obtainable from +27 21 650 9111. If this e-mail is not related to the
business of UCT, it is sent by the sender in an individual capacity. Please
report security incidents or abuse via csirt@uct.ac.za
Supplementary material available for this title includes:
All source material (excluding figures and tables) has been supplied in an editable format (Microsoft Office) and you can fully customise it to your needs.
Please click on the link below to access the Lecturer Support Material (LSM) portal:
LSM Portal
If this is the first time you access Van Schaik Publishers LSM, you will need to register and set up a profile. Once your registration has been approved you will be sent an email and will then be able to request access to the resources you need for a particular book. You will also be able to request access to the resources of additional books using your profile.
We welcome any suggestions regarding new or additional resources. For any queries or feedback please contact our digital publisher at lsm@vanschaiknet.com. The material available varies from book to book and may also be developed further over time.
If you are uncertain about the registration and access request procedures, please download the LSM Manual.
LSM Manual
Lecturer Support Material is available free to lecturers who lecture on courses where the book is prescribed but samples are also available should you wish to review what is available as part of your prescribed book selection process. Please contact your Marketer for access to the sample LSM.
Student requests for LSM will not be entertained and any attempts by students to access lecturer support material will be reported to a student’s lecturer or to the Head of Department.