
Die arbeidswetgewing wat betrekking het op die
onderwysomgewing is omvattend en dek ’n groot verskeidenheid aspekte waarmee
almal binne hierdie omgewing op een of ander stadium te doen kry. Waar daar in
die verlede moontlik ’n vae begrip van veral wette en regulasies ten opsigte
van diensvoorwaardes by meeste werknemers in die onderwys teenwoordig was, is
dit nou onontbeerlik om ’n basiese begrip van alle relevante wetgewing en
regulasies wat van toepassing is, te hê. Veral onderwysers kan hulle in die spreekwoordelike
mynveld bevind indien hulle nie seker maak dat hulle oor die basiese kennis van
onderwysreg beskik nie. Dit word gestaaf deur die talle hofsake, dispute,
mediasies, dissiplinêre verhore en die dikwels onaangename implikasies daarvan
vir indiwidue (en hul gesinne) wat voortspruit uit aanklagte teen oortreders in
alle sektore van die onderwys.
Wetswysigings na aanleiding van veranderde omstandighede binne die onderwys, lei tot die behoefte om voortdurend op die hoogte van die implikasies en toepassing daarvan te wees. Hierdie dringende behoefte geld nie alleen vir skoolhoofde nie, maar vir elkeen betrokke by onderwys. Aan die een kant berus die korrekte toepassing en implementering by die beheerliggaam en die hoof van ’n inrigting, maar aan die ander kant raak dit die mense wat daar werksaam is. Die skrywers van hierdie boek het nie alleen ’n deeglike besef van hierdie noodsaaklike behoefte nie, hulle spreek dit ook baie effektief aan deur middel van hulle uiters waardevolle ervaring. Hierdie ervaring spruit voort uit praktiese betrokkenheid by die onderwys asook deeglike navorsing op die terrein van onderwysreg.
Kennis van al die aspekte wat in hierdie boek aangespreek word, verbeter ongetwyfeld die kwaliteit van die onderrig- en leerproses in die klaskamer – ’n broodnodige doelwit om na te streef. Dit skep ook ’n veiliger omgewing waarbinne elkeen funksioneer. Persoonlik is ek baie dankbaar vir die bydrae wat deur middel van hierdie handige handleiding gemaak word tot die uiteindelike kwaliteit van onderwys in Suid Afrika.
Dr. Jopie Breed
President: SAOU
Hoofstuk 1 Die regsomgewing
Hoofstuk 2 Die grondslae vir
regstoepassing in die onderwysomgewing
Hoofstuk 3 Die Grondwet as bron van
die onderwysreg
Hoofstuk 4
Wetgewing en gemenereg
Hoofstuk 5
Die professionele onderwyser in die werkplek
Hoofstuk 6
Die onderwyser as sorgsame toesighouer
Hoofstuk 7 Leerderdissipline
Hoofstuk 8
Skoolveiligheid
Supplementary material available for this title includes:
• Aanbiedings vir elke hoofstuk (die skyfies wat ingesluit is, is ’n raamwerk van wat in die handboek gedek word)
• Jpegs van alle figure en tabelle in die handboek
All source material (excluding figures and tables) has been supplied in an editable format (Microsoft Office) and you can fully customise it to your needs.
Please click on the link below to access the Lecturer Support Material (LSM) portal:
LSM Portal
If this is the first time you access Van Schaik Publishers LSM, you will need to register and set up a profile. Once your registration has been approved you will be sent an email and will then be able to request access to the resources you need for a particular book. You will also be able to request access to the resources of additional books using your profile.
We welcome any suggestions regarding new or additional resources. For any queries or feedback please contact our digital publisher at lsm@vanschaiknet.com. The material available varies from book to book and may also be developed further over time.
If you are uncertain about the registration and access request procedures, please download the LSM Manual.
LSM Manual
Lecturer Support Material is available free to lecturers who lecture on courses where the book is prescribed but samples are also available should you wish to review what is available as part of your prescribed book selection process. Please contact your Marketer for access to the sample LSM.
Student requests for LSM will not be entertained and any attempts by students to access lecturer support material will be reported to a student’s lecturer or to the Head of Department.