
Waarom is Geletterdheid in die Grondslagfase uniek?
·
Die
boek behandel die onderrig van Afrikaans as huistaal in Graad 1, 2 en 3 soos
beskryf in die Kurrikulum en Assesseringsbeleidverklaring (KABV) van 2011. Die boek bevat ook inligting
vir die onderrig van Graad R.
·
Dit
fokus op die onderwyspraktyk en het terselfdertyd ’n sterk navorsingsinslag.
·
’n
Teoretiese agtergrond tot taalontwikkeling en basiese geletterdheid is in
hierdie uitgawe ingesluit. Die belangrikheid van moedertaal of huistaal word
beklemtoon. ’n Hoofstuk oor die onderrig van Afrikaans as eerste addisionele
taal is egter ook ingesluit.
·
Die
onderrig van luister, praat, lees en kyk, skryf, dink en redeneer asook
taalstruktuur en -gebruik word breedvoerig bespreek en praktiese idees word
gegee.
·
Handskrifonderrig
word behandel met voorbeelde uit die praktyk.
·
Assessering
word by elke taalvaardigheid bespreek en voorbeelde word gegee.
·
Die
teks is krities gelees deur kundiges in die praktyk en die akademiese wêreld
soos onder andere professors Marike de Witt, Anna Hugo en Susan Kubic Barnes
van die James Madison Universiteit Harrisonburg, Virginia, VSA.
·
Aan
die einde van elke hoofstuk is vrae ingesluit wat gebruik kan word vir
selfstudie.
·
’n
Graad 1 handskriftipe is ingesluit. Die handskriftipe is ontwikkel deur dr.
Judy van Heerden en Marietjie Schutte. Dr. Van Heerden is ’n dosent in die
Departement Vroeë Kinderonderwys aan die Universiteit van Pretoria en Marietjie
Schutte is ’n dosent in die Departement Inligtingskunde aan die Universiteit
van Pretoria.
Vir wie is die boek geskryf?
·
Persone
wat gemoeid is met die onderrig van Afrikaans as huistaal of addisionele taal
in die Grondslagfase.
·
Ouers
wat hul kinders tuis onderrig.
·
Dosente
en studente in die Grondslagfase.
·
Almal
wat basiese én nuwe idees vir die onderrig van Afrikaans soek.
Die skrywers is kundiges met jarelange ervaring in Grondslagfase-onderrig en tersiêre onderwys. Marie Bester is ’n opvoedkundige konsultant. Erika Meyer is ’n onderwys-en-opleidingskonsultant. Ina Joubert en Nkidi Phatudi is beide professors in die Departemente Vroeë Kinderonderwys aan die Universiteit van Pretoria en UNISA. Rinelle Evans is ’n professor in die Departement Geesteswetenskaplike Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria.
1 ’n Teoretiese inleiding tot die
ontwikkeling van taal en geletterdheid
2 Onderrig- en leerstrategieë
3 Luister en praat: fokus op
luister
4 Luister en praat: fokus op
praat
5 Lees en kyk
6 Skryf
7 Handskrif
8 Dink en redeneer
9 Klanke, taalstruktuur en -gebruik
10 Die onderrig van Afrikaans as
Eerste Addisionele Taal (AEAT) in Graad 1–3
Supplementary material available for this title includes:
• Aanbiedings vir elke hoofstuk (die skyfies wat ingesluit is bevat ’n basiese opsomming van wat in die handboek gedek word as ook alle volkleur figure en tabelle)
• Jpegs van alle figure en tabelle in die handboek
• Antwoorde op vrae in die handboek
All source material (excluding figures and tables) has been supplied in an editable format (Microsoft Office) and you can fully customise it to your needs.
Please click on the link below to access the Lecturer Support Material (LSM) portal:
LSM Portal
If this is the first time you access Van Schaik Publishers LSM, you will need to register and set up a profile. Once your registration has been approved you will be sent an email and will then be able to request access to the resources you need for a particular book. You will also be able to request access to the resources of additional books using your profile.
We welcome any suggestions regarding new or additional resources. For any queries or feedback please contact our digital publisher at lsm@vanschaiknet.com. The material available varies from book to book and may also be developed further over time.
If you are uncertain about the registration and access request procedures, please download the LSM Manual.
LSM Manual
Lecturer Support Material is available free to lecturers who lecture on courses where the book is prescribed but samples are also available should you wish to review what is available as part of your prescribed book selection process. Please contact your Marketer for access to the sample LSM.
Student requests for LSM will not be entertained and any attempts by students to access lecturer support material will be reported to a student’s lecturer or to the Head of Department.