
Hierdie
vyfde uitgawe van Wildplaasbestuur is geskryf deur 36 kenners op
verskeie gebiede, en die redakteurs is ’n ervare ekoloog en ’n wildveearts. Die
gids is so volledig moontlik en alle hoofstukke is hersien en bygewerk. Daar is
uitgebreide inligting oor inligtingstelsels en databestuur; die ekonomie van
die wildbedryf in Suid-Afrika; bakteriese, virus- en protosoïese wildsiektes;
wildveilings; die aanhou, bestuur en jag van groot roofdiere; trofeejag;
vleisproduksie; veldbestuur; en die rehabilitering van habitat. Die gegewens
oor wildhandel en wildvangs is tot en met 2019 opgedateer.
Prof. Jacobus du Plessis Bothma het ’n BSc-graad in Dierkunde en Plantkunde en ’n MSc-graad in Dierkunde aan die Universiteit van Pretoria behaal, en ’n PhD-graad in Natuurlewe-wetenskap aan Texas A & M Universiteit in die VSA. Hy was werksaam as roofdier-ekoloog totdat hy na behaling van sy PhD-graad deur die voormalige Transvaalse Afdeling Natuurbewaring na die Universiteit van Pretoria gesekondeer is om die eerste nagraadse kursus in Natuurlewebestuur aan ’n Suid-Afrikaanse universiteit aan te bied en die Eugène Marais-leerstoel in Natuurlewebestuur te beklee. Daardie leerstoel het later die hoeksteen van die Sentrum vir Natuurlewebestuur in die Departement Vee- en Wildkunde aan die Universiteit van Pretoria geword waarvan hy die eerste Direkteur was. Die Sentrum vir Natuurlewebestuur is onlangs onder die vaandel van die Soogdiernavorsingsinstituut van die Departement Dierkunde en Entomologie geplaas. Hy het in Desember 2005 afgetree, maar sit as emeritus-professor sy navorsing en skryfwerk voort. Hy is tans reeds die skrywer, medeskrywer en redakteur van 24 boeke of hoofstukke in boeke, 104 gepubliseerde wetenskaplike artikels en 310 populêr-wetenskaplike artikels oor wild. Hy is as een van die uitstaande alumni van die Universiteit van Pretoria bekroon.
Dr. Jacobus Gabriël du Toit het ’n landbougraad in Veeteelt aan die Stellenbosch Universiteit behaal, en ’n honneursgraad in Natuurlewebestuur en ’n graad in Veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria. Hy het die eerste formele private wildveeartspraktyk in Suid-Afrika gevestig, en het baanbrekerswerk gedoen ten opsigte van die vestiging van olifante op wildplase, die teel van siektevrye buffels uit besmette ouers, die oes van renosterhorings vir kommersiële doeleindes, en die gebruik van olifante as bio-opspoorders vir die opsporing van landmyne. Sy primêre belangstellingsvelde is die teel van bedreigde wildsoorte en navorsing oor die genesende eienskappe van plante. Hy is ’n voorstander van toegepaste navorsing en ’n holistiese benadering tot wildproduksie. As lid van die SA Veterinêre Stigting het hy fondse gewerf vir talle wildprojekte.
DEEL I: ALGEMENE RIGLYNE
DEEL II: WILDPLAASBEPLANNING
DEEL III: WILDE DIERE EN HULLE
KENMERKE
DEEL IV: SIEKTES EN PARASIETE VAN
WILDE DIERE
DEEL V: DIE BESTUUR EN BENUTTING
VAN WILD
DEEL VI: HABITATBESTUUR
DEEL VII: LANDELIKE GEMEENSKAPPE
Supplementary material available for this title includes:
All source material (excluding figures and tables) has been supplied in an editable format (Microsoft Office) and you can fully customise it to your needs.
Please click on the link below to access the Lecturer Support Material (LSM) portal:
LSM Portal
If this is the first time you access Van Schaik Publishers LSM, you will need to register and set up a profile. Once your registration has been approved you will be sent an email and will then be able to request access to the resources you need for a particular book. You will also be able to request access to the resources of additional books using your profile.
We welcome any suggestions regarding new or additional resources. For any queries or feedback please contact our digital publisher at lsm@vanschaiknet.com. The material available varies from book to book and may also be developed further over time.
If you are uncertain about the registration and access request procedures, please download the LSM Manual.
LSM Manual
Lecturer Support Material is available free to lecturers who lecture on courses where the book is prescribed but samples are also available should you wish to review what is available as part of your prescribed book selection process. Please contact your Marketer for access to the sample LSM.
Student requests for LSM will not be entertained and any attempts by students to access lecturer support material will be reported to a student’s lecturer or to the Head of Department.