
Die rol van ’n onderwyser is fundamenteel tot die verwerwing van die nodige wiskundige vaardighede en kennis wat deel uitmaak van die kind se vroeë en verdere ontwikkeling. Vanaf die jaar voor toetrede tot formele skoolopleiding (Graad R) tot die einde van die Grondslagfase (Graad 3), dra onderwysers by tot die belangrikste leersiklus en lê hulle leerders se grondslag vir die res van hul skoolloopbaan.
Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase bied kritieke insig tot die basiese beginsels wat internasionaal sowel as nasionaal toegepas word, met ’n indiepte-bespreking van die onderliggende konsepte en teorieë aangaande wiskunde-onderrig aan jong leerders. Die konsepte afrikanisering van die kurrikulum en etnowiskunde word ook bespreek. Die temas wat in die boek aangespreek word, is gebaseer op die KABV-dokumente wat deur die Departement van Basiese Onderwys in 2012 uitgereik is en omsluit die fisiese, sosiale en konseptuele kennis wat leerders moet verwerf en op voortbou om sodoende hul wiskundige vaardighede vir die toekoms te ontwikkel.
Die inhoud sluit die volgende in:
· Basiese
beginsels oor die verwerwing van wiskundige vaardighede en kennis
· Diversiteit
in die wiskunde-klaskamer
· Onderrig
en leer van wiskunde in Graad R
· Ontwikkeling
van getalbegrip
· Patrone,
funksies en algebra in die Grondslagfase
· Onderrig
en leer van ruimte en vorm
· Onderrig
en leer van meting
· Datahantering
in die Grondslagfase
· Wiskunde-assessering
in die leerdergesentreerde klaskamer
· ’n
Afdeling oor die gebruik van tegnologie in die onderrig en aanleer van wiskunde
wat elke hoofstuk afsluit
Wiskunde-onderrig in die Grondslagfase is ’n onontbeerlike handleiding vir beginneronderwysers en studente vir die inrig van hul klaskamers, die beplanning van lesse vir die suksesvolle verkryging van wiskunde kennis en vaardighede, asook om wiskunde met selfvertroue te onderrig. Hierdie boek sal ook aan ouers toon wat van hulle kinders in die wiskunde klas verwag word.
HOOFSTUK 1 HOE LEERDERS IN DIE GRONDSLAGFASE WISKUNDE LEER
HOOFSTUK 2
WISKUNDE-ONDERRIG IN DIE GRONDSLAGFASE VIR KULTUREEL DIVERSE LEERDERS
HOOFSTUK 3
WISKUNDE-ONDERRIG IN GRAAD R: ’N SPELGEBASEERDE BENADERING
HOOFSTUK 4
ONTWIKKELING VAN GETALBEGRIP BY LEERDERS IN DIE GRONDSLAGFASE
AFDELING A
Ontwikkeling van getalkonsep: tel
AFDELING B
Getalbegripontwikkeling: orden, vergelyk en beskryf heelgetalle
AFDELING C Onderrig
van die vier basiese bewerkings in wiskunde deur probleemoplossing
AFDELING D
Onderrig van plekwaarde wat lei tot die opbou en afbreek van getalle
AFDELING E
Outomatisiteit in berekeninge
AFDELING F
Onderrig van breuke aan Grondslagfase-leerders
HOOFSTUK 5 PATRONE,
FUNKSIES EN ALGEBRA IN DIE GRONDSLAGFASE
HOOFSTUK 6
LEER OOR RUIMTE EN VORM IN DIE GRONDSLAGFASE
HOOFSTUK 7
LEER OOR METING IN DIE GRONDSLAGFASE
HOOFSTUK 8
DATAHANTERING IN DIE GRONDSLAGFASE
HOOFSTUK 9
ASSESSERING VAN WISKUNDE IN DIE GRONDSLAGFASE
Supplementary material available for this title includes:
All source material (excluding figures and tables) has been supplied in an editable format (Microsoft Office) and you can fully customise it to your needs.
Please click on the link below to access the Lecturer Support Material (LSM) portal:
LSM Portal
If this is the first time you access Van Schaik Publishers LSM, you will need to register and set up a profile. Once your registration has been approved you will be sent an email and will then be able to request access to the resources you need for a particular book. You will also be able to request access to the resources of additional books using your profile.
We welcome any suggestions regarding new or additional resources. For any queries or feedback please contact our digital publisher at lsm@vanschaiknet.com. The material available varies from book to book and may also be developed further over time.
If you are uncertain about the registration and access request procedures, please download the LSM Manual.
LSM Manual
Lecturer Support Material is available free to lecturers who lecture on courses where the book is prescribed but samples are also available should you wish to review what is available as part of your prescribed book selection process. Please contact your Marketer for access to the sample LSM.
Student requests for LSM will not be entertained and any attempts by students to access lecturer support material will be reported to a student’s lecturer or to the Head of Department.